Klipskuur | Plaasstyl sjiek venue
Die Klipskuur is geleë op die Leonards se familieplaas, Rietfontein, 100 km suid van Johannesburg. Die ou skuur wat in 1914 gebou is, is liefdevol gerestoureer en omskep in ‘n plaasstyl sjiek venue.
wedding venue, farm venue, johannesburg area, heidelberg, event venue, vintage, farm style, affordable
16159
home,page-template-default,page,page-id-16159,ajax_fade,page_not_loaded,boxed,,qode-title-hidden,qode-theme-ver-9.1.3,wpb-js-composer js-comp-ver-4.11.2.1,vc_responsive
Welkom
frame-1
frame-1
frame-1
frame-1
frame-1
Die Klipskuur

Die sinkdeure is wawyd oopgegooi, die meel is op die vloer gestrooi, die tafels kreun onder die kos, die lanterns flonker vriendelik. Niggies, nefies, ooms, tantes, oupa en oumagrootjie is uitgedos in hul mooiste vere. Die perde, hoenders en ganse staan reeds nuuskierig nader.

 

Alles is gereed vir julle bruilofsfees.

 

Die Klipskuur is geleë op die Leonards se familieplaas, Rietfontein, 100 km suid van Johannesburg. Die ou skuur wat in 1914 gebou is, is liefdevol gerestoureer en omskep in ‘n plaasstyl sjiek venue. Onopgesmukte sjarme en ouwêreldse eenvoud  bied die perfekte agtergrond om saam met jou geliefdes fees te vier.

 

Ons sien uit om julle met hartlikheid te verwelkom.